Namaqualand Country Lodge
Jou tuiste weg van jou tuiste!
Click here for English version
Namaqualand Country Lodge is geleë in Vanrhynsdorp, die hart van Namakwaland, 300 km noord van Kaapstad en 270 km Suid van Springbok. Die eg Namakwalandse gasvryheid en vriendelikheid wat gaste ontvang by Namaqualand Country Lodge verseker dat ons so hoë terugkeer koers van ons gaste het.
Omdat Vanrhynsdorp op die Kaap na Namibië roete gelee is bied Namaqualand Country Lodge akkommodasie langs die N7 en het ook baie gereëlde gaste wat by ons oornag om die lang pad korter te maak.
Omdat Namaqualand Country Lodge so sentraal geleë is, verkies baie reisigers wat in die Matzikama- of Namakwaland area besigheid doen dit om Namaqualand Country Lodge hulle tuiste te maak tydens hulle reis. Naby geleë dorpe rondom Vanrhynsdorp sluit in: Nieuwoudtville, Vredendal, Klawer, Lutzville, Nuwerus en Bitterfontein en Namaqualand Country Lodge bied Akkommodasie aan talle besigheids mense wat in hierdie area kom werk.
Buiten verbygaande toeriste en reisigers bied Namaqualand Country Lodge ook akkommodasie aan toeriste wat ons streek beter wil verken, dit sluit in Namakwaland, Weskus, Olifantsriviervallei, Knersvlakte, Gifberg, Maskamberg, Kobee, Matzikama met talle staproetes, historiese geboue, rotskuns en vele meer! Sien gerus Toeriste Aantreklikhede.
Met al ons fasiliteite voorsien Namaqualand Country Lodge werklik aan elke gas se behoeftes teen baie bekostigbare tariewe.
![]() ![]() ![]() ![]() ![]() ![]() |





