Fasiliteite by Namaqua Country Lodge

Mikie’s Restaurant & Grill:
Namaqualand Country Lodge voorsien u van net die beste en wanneer dit by etes kom oortref ons onsself. Ons naam loop ons vooruit wanneer dit by etes kom en ons is alom bekend vir ons weglê-etes. Ons skep `n ontspanne atmosfeer waarin u elke ete sal geniet

Dames Kroeg:
Ontspan in ons dames kroeg pool tafels, dart bord, Dstv met al die Sport kanale en 'n koue drankie. Kom bewonder ook ons Dasversameling, die tweede grootste in die wêreld.

Swembad area:
Gedurende die Somer-maande is die beste plek om te wees by die swembad area waar u `n drankie in die swembad kan geniet of onder die lekker koel lapa kan ontspan.

Parkeer area:
Namaqualand Country Lodge bied veilige parkering vir gaste se voertuie.